Wie is RPO Wes-Kaap?
RPO Wes-Kaap is ’n vrywillige lede-organisasie wat rooivleisprodusente in die Wes-Kaap verteenwoordig.
Status van die Organisasie
Hiermee nooi ons u besigheid, as ’n belangrike rolspeler in die rooivleiswaardeketting, uit om as vennoot by die Rooivleisprodusente-organisasie Wes-Kaap (RPO Wes-Kaap) aan te sluit.
Die RPO Wes-Kaap speel ’n sleutelrol in die bevordering, beskerming en volhoubare ontwikkeling van die rooivleisbedryf in die provinsie. Ons glo dat u organisasie ’n waardevolle bydrae tot hierdie doelwitte kan lewer, en dat ’n vennootskap wedersydse voordele sal inhou.
Status van die Organisasie
Die RPOWK word erken as die spreekbuis vir die rooivleisbedryf- en produsent en verteenwoordig die hoogste gesag binne sy industrie. Die oorkoepelende doelstelling van die RPOWK is om ‘n verteenwoordigende provinsiale organisasie in die rooivleisbedryf in die AWK se gebied te vorm, wat die inisiatief sal neem om op ‘n gekoördineerde wyse, op grond van eie ondersoeke en studies, vertoë en voorleggings deur belanghebbendes, deur middel van skakeling en bedinging, vir die produsente binne die rooivleisbedryf ten opsigte van suiwer vleisbedryfsake optimum winsgewendheid na te streef en in sy lede se belang op te tree.
RPO Wes-Kaap Vrywillige bydrae Insamelaars
RPO Wes-Kaap
Die RPO poog om die belange van die kommersiële rooivleisprodusente binne die waardeketting van die rooivleisbedryf te beskerm en te bevorder en tree as sulks as die produsent se mondstuk in die totale rooivleisbedryf op. As kollektiewe bedingingsorganisasie is dit die RPO se taak om die ekonomiese welvaart van sy lede te verbeter.
Buiten tariefbeskerming en onderhandelings ten opsigte van wetlike raamwerke, fokus die RPO ook op internasionale ooreenkomste, voorligting en dieregesondheid asook uitvoerbevordering.
Dit is die RPO se taak om produsente-belange en sake by owerheids- en nie-owerheidsinstansies te stel. So ook die vestiging en bevordering van ‘n positiewe beeld van die produk en die bedryf.
Verder is die RPO intensief betrokke by predasiebestuur, veediefstalbekamping en –voorkoming, die bedinging en verlaging van inset- en bemarkingskoste, inligting oor produksiestelsels en markinligting.
Die organisasie verteenwoordig rooivleisprodusente se belange in die Vleisbedryfsforum, wat alle instansies wat betrokke is by die waardeketting van die rooivleisbedryf verteenwoordig.