Veediefstal
Die Provinsiale Veediefstalkomitee is ‘n verteenwoordigende liggaam van verskeie rolspelers wat op ‘n gekoördineerde wyse optimale resultate lewer in die voorkoming en beheer van veediefstal.
Die 6 veediefstaleenhede in die Wes-Kaap
Beaufort-Wes:
De Doorns:
Faure / Kuilsrivier:
Malmesbury:
Oudtshoorn:
(044) 203 9066
Swellendam:
(028) 514 8360
Rolspelers
- Die vee-eienaar.
- Polisie (6 aktiewe veediefstaleenhede in die Wes-Kaap).
- Departement van Justisie.
- Departement van korrektiewe dienste.
- Paroolrade.
- Nasionale Veediefstalforum.
- Beste resultate word bereik as alle rolspelers saamwerk.
Bekamping van Veediefstal
Prosedure om veediefstalsaak aan te meld en verder te hanteer:
01.
Rapporteer saak onmiddelik.
02.
Kry naam en rang van polisiebeampte by wie die saak aangemeld is.
03.
Skryf die tyd, datum en polisiestasie se naam neer.
04.
Die polisielid moet dan verklarings op die plaas neem en die saak oorhandig aan die veediefstal-eenheid.
05.
Die veediefstal ondersoekbeampte moet dan sy naam en masnommer van die saak aan die vee-eienaar verskaf.
06.
Die vee-eienaar moet sorg dra dat hy nie spore en ander bewysstukke beskadig nie.
Belangrik!
Boere moet alle veediefstalsake aanmeld hoe gering ookal, selfs al was hul vorige ervarings onbevredigend. Personeel by polisiestasies word toegeken op grond van sake aangemeld.
Veediefstal
- Maak ernstige inbreuk op die winsgewendheid en internasionale mededingendheid van vee-eienaars in SA.
- Is 'n unieke misdaad.
- Lewende diere is betrokke.
- Wei onbeskermd in veld.
- Dikwels uiterse wreedheid teenoor diere.
- Diefstal van sy vee is 'n emosionele ervaring vir eienaar.
Oorgrensende misdade
- Diefstal van bedreigde spesies
- Weiding- en lekdiefstal.
- Beskadiging van infrastruktuur.
- Ander vorme van diefstal (voertuie, werktuie, onderdele en pype en windpompe)
- Aanranding van plaaswerkers