Veediefstal

Die Provinsiale Veediefstalkomitee is ‘n verteenwoordigende liggaam van verskeie rolspelers wat op ‘n gekoördineerde wyse optimale resultate lewer in die voorkoming en beheer van veediefstal.

Die 6 veediefstaleenhede in die Wes-Kaap

Beaufort-Wes:

(023) 414 8568

De Doorns:

(023) 356 4034

Faure / Kuilsrivier:

(021) 900 2800

Malmesbury:

(022) 482 7021

Oudtshoorn:

(044) 203 9066

Swellendam:

(028) 514 8360

Rolspelers

Bekamping van Veediefstal

Prosedure om veediefstalsaak aan te meld en verder te hanteer:

01.

Rapporteer saak onmiddelik.

02.

Kry naam en rang van polisiebeampte by wie die saak aangemeld is.

03.

Skryf die tyd, datum en polisiestasie se naam neer.

04.

Die polisielid moet dan verklarings op die plaas neem en die saak oorhandig aan die veediefstal-eenheid.

05.

Die veediefstal ondersoekbeampte moet dan sy naam en masnommer van die saak aan die vee-eienaar verskaf.

06.

Die vee-eienaar moet sorg dra dat hy nie spore en ander bewysstukke beskadig nie.

Belangrik!

Boere moet alle veediefstalsake aanmeld hoe gering ookal, selfs al was hul vorige ervarings onbevredigend. Personeel by polisiestasies word toegeken op grond van sake aangemeld.

Veediefstal

Oorgrensende misdade